Yf Veldhuizen

Ek is ’n swaksiende persoon en mag self glad nie bestuur nie. Ek het ongeveer ’n jaar gelede van Jaco en die dienste wat hy lewer te hore gekom en ’n telefoniese afspraak met hom gemaak.

My vrou en ek het hom persoonlik ontmoet, nadat hy die eerste van verskeie ekstra myle vir ons geloop het deur ons by ons huis te besoek.

Van die begin af het my vrou en ek Jaco as ’n eerlike, openhartige en nederige persoon beleef, wat op sy medemens se behoeftes en nood ingestel is. Uit die inhoud van die gesprek wat gevolg het, was dit duidelik dat Jaco sy vak- en spesialisgebied deeglik ken. Hy het melding gemaak van tipes rebates waarvoor ’n mens aansoek kan doen, waarvan ons nie eers geweet het nie. Met verloop van tyd sou dit nog meer duidelik word juis hoe deeglik sy kennis is.

Die volgende ekstra myl wat hy vor ons geloop het, was om sover moontlik terug te gaan in ons inkomstebelasting geskiedenis en die resultate te monitor te einde vas te stel on ons nog geld vanas SARS kan herwin.

Ek was altyd afhanklik van openbare vervoer om by my werk en tuis te kom. In die jaar 2012 was daar groot ontwrigting met Pretoria se busdienste, wat vir my baie ekstra vervoerkoste te weeg gebring het.

Een van die  ekstra myle wat Jaco vir ons geloop het, was om tot by die hoogste gesag in SARS te appelleer ten einde hierdie koste te herwin.

Dit was so ’n ingewikkelde proses dat ek self nie weet presies wat hy gedoen het en hoe hy dit aangepak het nie, maar een ding weet ek: ek sou dit self nooit kon doen met my gebrekkige kennis van inkomstebelastingsake nie.

“ “

Dankie Jaco. Alhoewel dit ’n tydjie geneem het soos wat SARS onodig tyd gemors het, kan ek getuig dat Jaco dit bewerkstellig het dat ek nog nooit soveel geld van SARS terug ontvang het, soos wat vandag in my rekening inbetaal is nie.

Jaco is so ’n aangename persoon dat ’n mens graag met hom vriende wil wees. Ek kan hom met ’n rein gewete en ’n oop gemoed enige tyd aan enige iemand as persoon en inkomstebelasting kundige aanbeveel

Yf Veldhuizen

Similar Posts

  • Mike Shapland

    Jaco, Thank you so much for all your hard work fighting for me. You did yourself proud and I’m extremely grateful. I have settled my account with you. Haley I copied you in as I thought there might well be others you treat who don’t have the expertise or know how on how to recover…

  • Manthipi Molamu

    I highly recommend Jaco Kruger -Accounting & Financial services, to anyone who is in need of tax services; especially disability tax services. As a person with a disability ; I found the company to be extremely responsive & always go above & beyond to make sure your needs are met. They present with exceptional knowledge…

  • Pierre Smith

    My wife was paralysed on right side after a stroke in 2013 and we had a lot of expenses 2013 and 2014 to adapt everything according to her needs. We battle last year with our disability tax claim, because our Chatter Accountant could not resolve our disability tax situation and claim the disability expenses under…

  • Nomandla Singeni

    I read about Jaco’s services in the Muscular Dystrophy Foundation magazine. When I phoned him I wasn’t sure whether I qualify for the disability  claim. I never met Jaco personally but he was so re-assuring over the phone. He even assisted me in collecting some of the evidence that was required.Within 3 weeks my money was…

Leave a Reply